OUDTSHOORN NUUS - Booi Salman het na ‘n paar weke se afwesigheid weens ‘n besering Saterdag se Oudtshoorn-parkrun nr. 196 met ‘n blitsige tyd van 17 minute 56 sekondes gewen. Salman se tyd was byna drie minute vinniger as Yaron Venter (20:36) wat die naaswenner was.
Dit was ook Saterdag Venter se 50ste keer wat hy aan die parkrun deelgeneem het.
Elizabeth Lourens was met haar derde plek (22:42) die eerste vrou en Hans Oosthuizen die eerste junior oor die wenstreep.
Saterdag se voorste hardlopers was:
- Booi Salman (17:56).
- Yaron Venter (20:36),
- Elizabeth Lourens (22:42),
- Christo Niemand (23:15),
- Newald Groenewald (23:32),
- Morné Pienaar (23:36),
- Johan Duvenhage (23:36),
- Shaun Kock (23:59),
- Deon van der Walt (24:10),
- Henry Carstens (24:30),
- Frans Kalp (24:44),
- Albertus Kennedy (24:52),
- Christo Theart (25:01),
- Hans Lareman (25:07),
- Hannes Meyer (25:07),
- Francois le Roux (26:03),
- Mona-Maré Griffioen (26:19),
- Karlien Botha (26:54),
- Laetitia Wolmarans (27:01) en
- Abraham Hendricks (27:43).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'