OUDTSHOORN NUUS - Booi Salman was Saterdag weer die vinnigste van die 118 deelnemers wat aan die 199ste Oudtshoorn-parkrun by Surval deelgeneem het. Yaron Venter was in die tweede plek gevolg deur Johan Engelbrecht wat in die derde plek klaargemaak het.
Bianca van der Westhuizen was die eerste vrou oor die wenstreep.
Leonie Olivier het Saterdag haar 100ste parkrun voltooi, en Liz Boshoff haar 50ste.
Môre se 200ste Oudtshoorn-parkrun, so twee dae na Valentynsdag, beloof volgens Hestia Burger, een van die vrywilliger koördineerders, om 'n grote met baie pret te wees.
Sy het ‘n beroep op almal gedoen wat gaan deelneem om “iets rooi” ter viering van Valentynsdag aan te trek.
Die wegspringtyd is 07:00, en selfs diegene wat nog nooit aan dié gewilde pretdraf deelgeneem het nie, is welkom.
Saterdag se voorste hardlopers, met hul tye, is soos volg:
- Booi Salman (17:34)
- Yaron Venter (19:49)
- Johan Engelbrecht (19:55)
- Patrick Peters (21:32)
- Thozamile Morolo (22:04)
- Thys Jamneck (22:05)
- Melvin Lukas (23:39)
- Christo Niemand (22:44)
- Francois Verwey (23:11)
- Francois Goosen (23:51).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'