OUDTSHOORN NUUSFLITS - Booi Salman het Saterdag die 135ste Oudtshoorn-parkrun by Surval Olive Estate in 'n tyd van 18 minute 10 sekondes gewen.
Greens Groenewald was tweede met 'n tyd van 21 minute 35 sekondes en 'n junior, Willem van Tonder (13) in die derde plek met 'n tyd van 22 minute 2 sekondes.
Die veteraan atleet, Willie Freeks, was vierde (22:46) terwyl Linelle Groenewald (24:02) die eerste vrou by die eindpunt was.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'