OUDTSHOORN NUUS - Righardt Stander, 'n graad 12-leerder van Hoër Landbouskool Oakdale, het vanjaar 'n uitsonderlike atletiekseisoen beleef.
As lid van die Wes-Kaapse span wat aan die nasionale atletiekkampioen-skappe in Germiston in aksie was, verower Righardt 'n silwer medalje in gewigstoot en spiesgooi asook 'n brons medalje in diskus.
By die ASA kampioenskappe in Potchefstroom behaal hy 'n 7de plek in spiesgooi en 'n 10de plek in gewigstoot.
Righardt is ook gekies om op 23 April aan die senior ASA kampioenskappe by die Groenpunt-stadion in Kaapstad deel te neem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'