OUDTSHOORN NUUS - Slegs veertien parkhardlopers was verlede Saterdag manmoedig genoeg om in nat en reënerige toestande vir die 177ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed aan te tree.
Dit het liggies gereën en die roete was nat en glyerig.
Newald Groenewald, wat aan sy 175 ste parkrun deelgeneem het was eerste met 'n tyd van 24 min 35 sek, Hans Lareman tweede (25:29) en Karen Eichholz derde (27:18) en eerste vrou.
Hierna het gevolg Laetitia Wolmarans (30:25), Bart Saaiman (30:26), Kernels Barnardo (36:23), Hestia Burger (42:24), Garnett Wicomb (46:17), Francisca Deck (46:52) en Johanna Wessels (1.00:00) wat haar 50ste parkrun voltooi het. (GW)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'