Video
TUINROETE | KAROO NUUS EN VIDEO - Hoërskool Punt het gister, op Woensdag, 8 Februarie stof in drie ander skole se oë geskop by die jaarlikse LOOP-atletiekbyeenkoms.
Langenhoven Gimnasium, Hoërskool Outeniqua, Hoërskool Oudtshoorn en Hoërskool Punt het aan die byeenkoms in Oudtshoorn deelgeneem.
Punt het die sangbeker vir die dag gewen en was dus die skool wat die meeste gees getoon het. Altesaam 18 goue medaljes, 31 brons medaljes en 37 silwer medaljes is deur Punt se atlete ingepalm.
Punt-leerder, Elfreyden Hermanus het ‘n eerste plek in die hoogspring o/19 verwerf met ‘n hoogte van 1.95m. Hy het ook eerste gekom in verspring met ‘n sprong van 6.71m.
Elfreyden het die rekord wat in 2015 deur ‘n atleet van Hoërskool Outeniqua opgestel is (6.70) verbeter.
VERSKAFDE VIDEO:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'