OUDTSHOORN NUUS - Greens Groenewald het Maandag 28 Mei die 5 km-Nedbank-tydtoets in die vinnigste tyd (24:22) afgelê.
Johan Coetzer (25:29) en Albertus Kennedy (25:310 was tweede en derde.
In die 3 km-tydtoets het Yamkela Zakani in 12:10 voorgehardloop, met Pat Mario Meyer (12;11) tweede en Henry Carstens (14:05) derde.
Mark Andrianatos, wat Saterdag aan sy eerste Oudtshoorn-parkrun deelgeneem het, was eerste oor die eindstreep met 'n tyd van 18:45 sekondes, met Henry Carstens (23:33) tweede en Newald Groenewald (23:41) in die derde plek.
Nthabisong Modau was die eerste vrou (27:05) en die 14-jarige Jarred Coetzee (26:40) die eerste junior.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'