Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Jaarliks, die aand voor die Kango-marathon, neem atlete aan die gewilde pretdraf, gevolg deur ‘n nagdraf, deel.
Vrydagaand 23 Februarie het 38 atlete, jonk en oud, die pretdrawwe en vermaak by die Oudtshoorn-infanterieskool geniet.
Met die pretdraf word podiumposisies nie toegeken nie, maar wel met die 9 km-nagdraf.
Die nagdraf se uitslae is:
Mans
- Francois Maquassa (36:28)
- Gif Matjala (38:57)
- MM Anderson (40:52)
Dames
- Zelna Hugo (1:12)
- Carien Laubsher (1:12)
- Mona Maré (1:13)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'