ATLETIEKNUUS - Twee gedugte atlete van die Suid-Kaap, Lloyd Bosman (George) en Ettienne Plaatjies (Oudtshoorn), het die streek se vlag hoog laat wapper toe hulle verlede naweek 'n tweede plek in die mededingende jaarlikse African X-wedloop verower het.
Die wedloop is in Houhoek naby Botrivier beslis en het oor drie skofte gestrek.
Die algehele wenners was Juan Deventer en Eric Ngubane wat soos Plaatjies en Bosman, ook in die kleure van Nedbank deelgeneem het.
In die middel is die wenners van vanjaar se African X-wedloop - Juan Deventer en Eric Ngubane. Regs van hulle is Lloyd Bosman en Ettienne Plaatjies van die Suid-Kaap wat in die tweede plek geëindig het. Links is Thabang Madiba en Renier Grobler wat in die derde plek klaargemaak het. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'