OUDTSHOORN NUUS - Die veteraan Patrick Peters van die SANW-Atletiekklub, was die voorste geregistreerde hardloper van die 103 deelnemers wat Saterdag aan die 224ste Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed deelgeneem het.
Melvin Lukas was tweede en Daniel Sejha derde oor die wenstreep.
Ursula Turck was die eerste vrou met Bianca van der Westhuizen in die tweede plek.
Die tye van die voorste atlete is soos volg:
- Patrick Peters (21:42)
- Melvin Lukas (21:48)
- Daniel Seha (21:52)
- Richard Frenz (21:54)
- Abie van Tonder (21:57)
- Ursula Turck (22:08)
- Mike Clark (22:49)
- Stefan Tait (23:02)
- Bianca van der Westhuizen (23:03)
- Japie Bothma (23:14)
- Christo Theart (23:24).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'