OUDTSHOORN NUUS - Booi Salman en Bianca van der Westhuizen was Saterdag die wenners van die 209de Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed.
Dit was Oudtshoorn-parkrun se vierde verjaarsdag met 'n rekord van altesaam 163 atlete wat deelgeneem het.
Die jong Markus Viljoen was kort op Salman se hakke met Greens Groenewald in die derde plek.
Bianca van der Westhuizen was vir die vierde agtereenvolgende week die vinnigste vrou met Rozanne Theart in die tweede plek.
Saterdag se beste tye is soos volg:
- Booi Salman (18:12)
- Markus Viljoen (18:45)
- Greens Groenewald (19:50)
- Jarred Jordaan (20:21)
- Patrick Pieters (20:50)
- Christo Plessis (20:54)
- Thys Jamneck (22:10)
- Bianca van der Westhuizen (23:43)
- Rozanne Theart (25:11)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'