OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn streekatletiekbyeenkoms het verlede week vanaf 7 tot 9 Februarie by De Jager-sportkompleks weggespring.
Sowat nege plaaslike hoërskole tesame met Prins Albert, Uniondale, Dirk Boshoff en Haarlem het deelgeneem aan dié byeenkoms.
Atlete wat in die topdrie plekke geëindig het in hul afdelings word opgeneem in die Oudtshoorn-atletiekspan wat 23 Februarie aan die Eden-kampioenskappe deelneem.
Christopher Skaarnek, leerder van Hoërskool Dysselsdorp, het onder die topdrie atlete in die hoogspring vir seuns o.17 geëindig.
Michaela Chevalier, student van Nelson Mandela Universiteit,het skoonskip gemaak in die 400 m vir meisies o.19. Sy het met 'n skitterende tyd van 1 minuut en 6 sekondes geëindig.
Johen September het eerste plek in die verspring-afdeling vir seuns o.17 behaal.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'