TUINROETE ATLETIEKNUUS - Die Eden-atletiekbyeenkoms vir laerskole het verlede Saterdag by die De Jager-sportkompleks plaasgevind. Die sewe streke wat aan dié byeenkoms deelgeneem het, was Mosselbaai, George, Knysna, Plettenbergbaai, Kannaland, Hessequa en Oudtshoorn.
Meer as 'n duisend toeskouers het die stadion volgepak om die opwindende atletiek te aanskou.
Altesaam 30 atlete van die Oudtshoorn-streek het deurgedring na die Wes-Kaapse atletiekbyeenkoms wat Saterdag (môre) in die Paarl by die Del Josafat-stadion wegspring.
Aantal atlete per skool in die Oudtshoorn-omgewing wat deurgedring het:
Laerskool Wesbank - 13; Sacred Heart Primêr- 7; Laerskool van Reede - 4; Dysselsdorp Primêr - 2; Colridge Primêr - 1; De Rust Primêr - 1; Laerskool Laurus - 1; Saturnus Primêr - 1
Burger Fouchee (Laerskool Wesbank) van die Oudtshoorn-atletiekspan in aksie in die naellope.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'