Om 17:30 word die finale skoot in Durban, 89 km verder, afgetrek om die einde van die wedloop aan te kondig.
Daardie oomblik sorg jaarliks vir aangrypende tonele wanneer diegene wat hulself dronk van moegheid gehardloop het met stywe kieriebene strompel, of die laaste greintjie krag uit hul pap spiere tap deur te kruip om die eindstreep betyds te haal.
Vir Alvaro de Nobriega, Charl du Pisani en Ruweida du Preez, sal hierdie hul eerste deelname wees. Die vlinders sal teen vandag al in die maag begin draai. Dan is daar die ouer en meer ervare kalante.
Maurice Wicomb (65) neem aan sy derde wedloop deel. Vir Jason Jafta (52) sal die 2012 Comrades sy 22ste wees.

Run / Walk for Life se Comrades atlete van links: Bentley Sederstroom, Jassem Jafta, Ruweida du Preez, Jason Jafta, Maartiens Malgas en Joseph Stoffels.
ARTIKEL EN FOTO'S: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS