OUDTSHOORN NUUS - Booi Salman het Saterdag vir die tweede agtereenvolgende Saterdag die Oudtshoorn-parkrun gewen.
Patrick Peters van die Infanterieskool was tweede met ‘n besoeker, Leon Marais, derde. Marais se vrou, Stephanie, was die eerste vrou en die 14-jarige Migael Meyer die eerste junior.
Altesaam 118 drawwers en stappers het aan die 185ste Oudtshoorn-parkrun deelgeneem.
Die name en tye van die voorste deelnemers is soos volg:
- Booi Salman (17:77),
- Patrick Peters (19:51),
- Yaron Venter (20:25),
- Migael Meyer (20:56),
- Stephanie Marais (22:05),
- Jackie Davidoff (22:24),
- Newald Groenewald (22:56),
- Thozame Morolo (23:09),
- Henry Carstens (24:10),
- Hans Lareman (24:32),
- Albertus Kennedy (24:53).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'