TUINROETE NUUS - Tydens die onlangse kleure-atletiekbyeenkoms van Oakdale, het leerders hul spanmaats in goeie gees aangemoedig tot pragtige atletiekprestasies in die veld en op die baan.
Dit was veral op die baan waar atlete verskeie rekords verbeter het.
Die volgende rekords is verbeter:
- Clyde Lewis (o.19) 100 m 11,1 sek;
- Jan Daniël Strydom (o.19) 110 m-hekkies 16,4 sek;
- Machs Hälbich (o.15) verspring 6,3 m;
- Jandré Jordaan (o.15) 1 500 m-stap 7:46,0 sek;
- Simeon Oosthuizen (o.15) 100 m 11,5 sek; 200 m 23,9 sek; 400 m 53,1 sek; 100 m-hekkies 14,1 sek; 300 m-hekkies 43,5 sek.
- James Jonker (o.14) 200 m 25,5 sek.
Voor, van links: Machs Hälbich (George); A. Latsky (skoolhoof); Simeon Oosthuizen (Hartenbos) en James Jonker (Oudtshoorn). Agter, van links: Clyde Lewis (Blanco); Jandré Jordaan (Riversdal) en Jan Daniël Strydom (George).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'