OUDTSHOORN NUUS - Na afloop van die Eden-atletiekkampioenskap op Saterdag 24 Februarie, is 22 atlete van die Hoër Landbouskool Oakdale in die Eden-atletiekspan ingesluit.
Hulle neem op 9 en 10 Maart aan die Wes-Kaapse kampioenskap op Dal Josafat-stadion in die Paarl deel.
Tydens die kampioenskap het Oakdale-atlete 17 eerste plekke, 12 tweede plekke en twee derde plekke behaal.
Die volgende leerders verwerf goue medaljes:
o.19:
Josha Lawson: gewigstoot met 'n afstand van 14,17 m en diskusgooi met 'n afstand van 41,33 m.
o.17:
Niel Engelbrecht: hamergooi met 'n afstand van 46,08 m, Janco Goosen: 10 km-stap in 'n tyd van 58:02.2 sek. en Corné Rahl: gewigstoot met 'n afstand van 13,59 m.
o.15:
Simeon Oosthuizen behaal drie eerste plekke: 100 m-hekkies in 'n tyd van 14.28 sek., 400 m in 'n tyd van 54.36 sek. en 300 m-hekkies in 'n tyd van 43.48 sek., Machs Hälbich: driesprong met 'n afstand van 12,59 m en verspring met 'n afstand van 6,12 m, Philip Kleynhans: diskusgooi en gewigstoot met 'n afstand van 56,30 m en 17,41 m onderskeidelik, Jandré Jordaan: 5 000 m-stap in 'n tyd van 25:27.7 sek. en Matthew Golden: hoogspring met 'n hoogte van 1.65 m.
o.14:
Keagan Coerecius: 400 m in 'n tyd van 56.90 sek., Armand Combrinck: gewigstoot met 'n afstand van 12,21 m en SP Dyssel: verspring met 'n afstand van 5,37 m.
Voor, van links: Johan van Eeden (George), Machs Hälbich (George), James Jonker (Oudtshoorn), Keagan Coerecius (Oudtshoorn), SP Dyssel (Bredasdorp) en Armand Combrinck (Namibië). Middel: Hennie du Plessis (Humansdorp), Armand de Lange (George), Janco Goosen (George), Josha Lawson (Stilbaai), Simeon Oosthuizen (Hartenbos) en Morné Els (Oudtshoorn). Agter: Mickél Stemmet (Swellendam), Niel Engelbrecht (George), Zach Stander (Knysna), Corné Rahl (Montagu), Jandré Jordaan (Riversdal), Philip Kleynhans (Bredasdorp) en Werner Kotze (Mosselbaai). Afwesig: Marnitz Mellet (Laingsburg), Matthew Golden (Mosselbaai) en Roann Joubert (Montagu).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'