GEORGE NUUS - Francois Maquassa was verlede Saterdag weer die wenner van die weeklikse Oudtshoorn-parkrun wat by die Surval-olyflandgoed aangebied word.
Yaron Venter was in die tweede plek, gevolg deur Patrick Peters van die Oudtshoorn Infanterieskool.
In die vroueafdeling het Ilse Oliphant in die eerste plek geëindig, terwyl die 11-jarige Luthando Nzuza die eerste junior oor die eindpunt was.
Altesaam 93 drawwers en stappers het Saterdag deelgeneem.
Die tye van die voorste drawwers:
- Francois Maquassa (19:49)
- Yaron Venter (19:54)
- Patrick Peters (20:37)
- Sphiwe Nzuza (22:11)
- Thozamile Morolo (22:16)
- Thys Jamneck (22:58)
- Henry Carstens (24:49)
- Christo Theart (25:49)
- Johann Coetzer (25:15)
- Hans Lareman (25:47)
- Ilse Oliphant (26:24)
- Shane Claassen (27:28)
- Bart Saaiman (27:36)
- Rozanne Theart (27:48)
- Abraham Hendricks (27:59)
- Luthando Nzuza (30:02).
Francois Maqussa. Foto: Deidré Cloete
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'