OUDTSHOORN NUUS - Christo Niemand en Bianca van der Westhuizen was Saterdag die mans- en vrouewenners van die 227ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed.
Niemand was met ‘n tyd van 22 minute en drie sekondes eerste by die eindpunt met Van der Westhuizen algeheel derde van die 82 deelnemers met ‘n tyd van 23 minute.
André du Preez was die tweede man en Newald Groenewald in die derde plek.
Onder die vroue was dit Rochelle Schoeman wat tweede was met Rozanne Mitchell in die derde plek. Joanie Fourie het Saterdag haar 100ste parkrun voltooi.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'