OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn 2018-weeklikse Nedbank-tydtoetse het Maandag begin, met nege atlete wat deelgeneem het.
Drie atlete het die 5 km-tydtoets afgelê, met Greens Groenewald wat in 'n tyd van 20:58 eerste oor die eindstreep gedraf het.
Hy is gevolg deur Francois Verwey (21:32) en Zani Smith (24:35).
Lian Verwey (18:45) was die vinnigste atleet in die 3 km-tydtoets, gevolg deur Alisha Verwey (19:05), Cobie Fourie (28:47), Trix de Villiers (28:48), Johanna Jooste (28:49) en Geraldine Loftie Eaton (28:49).
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'