KLEIN KAROO NUUS - Die jaarlikse Optimum Meiringspoort wedlope wat oor 21,1 km en 12,5 km beslis word, spring môre (Saterdag) vanaf 07:00 en 07:15 onderskeidelik in De Rust weg. Vanjaar sal die 27ste keer wees wat dié wedloop aangebied word.
Atlete word deur die organiseerders daarop gewys dat die padwerke tussen De Rust en Oudtshoorn die verkeer met om en by 60 minute sal vertraag.
Vir hierdie rede word deelnemers aangeraai om hul rit sorgvuldig te beplan om betyds vir die wedlope op te daag.
Die bekende en gewilde Feesbasaar word wéér vanjaar saam met die Optimum Meiringspoort-wedlope aangebied. Organiseerders versoek die atlete om die webtuiste www.meiringspoort21.co.za vir alle inligting en reëls rondom die registrasieproses te besoek.
Alle atlete moet hulle eie registrasie kom afhaal. Geen atleet sal toegelaat word om 'n ander persoon se registrasie te ontvang nie. Daar word geen plaasvervangers toegelaat nie en atlete word ook nie toegelaat om aan die afstand waarvoor hulle ingeskryf het, te verander nie.
Die laaste inskrywings kan Saterdagoggend tussen 04:30 en 05:30 afgehaal word. Die organiseerders versoek ook dat die atlete om nie met privaat vervoer deur die poort te gaan nie, maar die vragmotors moet gebruik wat beskikbaar is.
Die volgende strate sal gesluit wees in De Rust tydens die wedlope:
Kerkstraat:
Vanaf Schoemansstraat tot Vredestraat . Vrydag 11 Oktober 09:00 tot Saterdag 12 Oktober 14:00
Burgerstraat:
Vanaf Schoemansstraat tot Vredestraat. Vrydag 11 Oktober 09:00 tot Saterdag 12 Oktober 14:00
Le Rouxstraat:
Vanaf Nuwestraat tot Burgerstraat. Saterdag 12 Oktober 04:00 tot 14:00
Nuwestraat:
Saterdag 12 Oktober 04:00 tot 14:00
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'