OUDTSHOORN NUUS - Markus Viljoen was Saterdag wéér die vinnigste deelnemer by Oudtshoorn-parkrun. Altesaam 86 drawwers het deelgeneem aan dié 229ste parkrun. Nog 'n junior, Jared Jordaan was tweede gevolg deur Yaron Venter wat in die derde plek geëindig het.
Bianca van der Westhuizen was vyfde by die eindpunt en ook die vrouewenner.
Nog 'n junior Jada Coetzee (14) was die tweede vrou met Tarren Jullies wat in die derde plek klaargemaak het. Oudtshoorn se Johann Coetzer het Saterdag met die inwyding van Hartenbos se nuwe roete sy 200ste parkrun voltooi.
Saterdag se beste tye:
- Markus Viljoen (18:44)
- Jared Jordaan (19:50)
- Yaron Venter (19:55)
- Sphiwe Nzuza (23:12)
- Bianca van der Westhuizen (23:17)
- Newald Groenewald (23:17)
- Jada Coetzee (25; 07)
- Tarren Jullies (27:28).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'