OUDTSHOORN NUUS - Francois Maquassa en Jackie Davidoff was Saterdag die onderskeie mans- en vrouewenners van die 205de Oudtshoorn-parkrun by Surval.
Onder die groot aantal deelnemers was talle besoekers.
Maquassa se wentyd van 16 minute 37 sekondes was net-net stadiger as sy vinnigste tyd van 16:18.
Twee besoekers, Willem Botha (18:09) van Pretoria en Thabo Maseamedi (19:10) van Kimberley, was onderskeidelik in die tweede en derde plek.
Bianca van der Westhuizen (23:53) was ‘n kort-kop agter Davidoff (23:45).
Miemie van Niekerk (70+) het Saterdag haar 100ste parkrun voltooi terwyl Johann Coetzer vir die 150ste keer as vrywilliger opgetree het.
Die tye van die voorste deelnemers is soos volg:
- Francois Maquassa (16:37)
- Willem Botha (18:09)
- Thabo Maseamedi (19:10)
- Wilhelm Kuun (19:41)
- Yaron Venter (20:22)
- Ulrich Rademeyer (20:29)
- Zac Steyn (22:41)
- Jackie Davidoff (23:45)
- Bianca van der Westhuizen (23:53)
- Jada Coetzee (23:57).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'