OUDTSHOORN ATLETIEKNUUS - Twee atlete van Oudtshoorn, Francois Maquassa en Anelle van Wyk, het verlede Saterdag se Meiringspoort Challenge (veldwedloop-afdeling) oor 9,5 km verower.
Ondanks die feit dat die voorste bondel atlete in dié wedloop aanvanklik per ongeluk 'n verkeerde roete ingeslaan het, kon hulle steeds die wedloop wen, 'n ware bewys van hul fiksheidsvlakke.
Van links is Ilze Douglas (tweede), Anelle van Wyk (wenner) en Helette du Plessis (derde).
Weens goeie reëns in die Oudtshoorn-omgewing was die roetes hier en daar modderig. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'