OUDTSHOORN NUUS - Francois Maquassa en die pasgetroude Bianca (Van der Westhuizen) Malan was Saterdag se wenners van die 241ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed.
Twee juniors, Markus Viljoen en Tyrone Andries (albei 16), het onderskeidelik tweede en derde geeindig na Maquassa.
Karin Meyer was die tweede vrou by die eindpunt.
Saterdag se voorste hardlopers was:
- Francois Maquassa (18:11)
- Markus Viljoen (19:54)
- Tyrone Andries (20:10)
- Yaron Venter (20:32)
- Thys Jamneck (21:34)
- Chris Oertel (21:36)
- Bongani Khumalo (23: 21)
- Xolani Gubula (23:21)
- Gerhard van Lill (23:29)
- Bianca Malan (23:23).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'