OUDTSHOORN ATLETIEKNUUS - Twee atlete van Oudtshoorn, Francois Maquassa en John April, het Saterdag onderskeidelik die 21,1km en 12,5km ope-afdeling by die jaarlikse Optimum Meiringspoort wedlope in De Rust gewen. Stephany Petro van Hoerskool Outeniqua op George en Andrea Steyn was die eerste vroue oor die wenstreep.
Vanjaar was die 27ste keer wat hierdie wedloop aangebied is met bykans 4 000 atlete wat geregistreer het vir dié wedlope.
Soos by al die vorige jare se wedlope was atlete met vragmotors na die twee wegspringplekke geneem.
Die NG Kerk De Rust het weer hulle feesbasaar aangebied en gesorg vir vermaak en verversings vir die duisende besoekers wat die afgelope naweek na De Rust gestroom het. 'n Skildery deur die bekende kunstenaar Glendine, het met lootjieverkope R90 000 ingesamel.
Alle opbrengste van dié verkope word aan die Herberg-kinderhuis op Robertson geskenk.
Francois Maquassa.
Die eerste drie plekke en tye in die 12,5 km:
- Francois Maquassa - (38:49)
- Anderson Ncube - (40:43)
- Donovan Jantjies - (40:50)
Vroue-afdeling:
- Stephany Pedro - (49:20)
- Kayla Nel - (52:04)
- Candice van Beulen - (52:54)
Die eerste drie plekke en tye in die 21,1 km
- John April - (1:09:35)
- Godwin Heyns - (1:11:57)
- Lindile Tokota - (1:13:39)
Vroue-afdeling:
- Andrea Steyn - (1:20:23)
- Melissa van Rensburg - (1:20:59)
- Alexia Loizou - (1:21:21)
Atlete in aksie tydens die Optimum Meiringspoort wedlope. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'