OUDTSHOORN NUUS - Bianca Malan was Saterdag weer die eerste vrou oor die wenstreep in die 243ste Oudtshoorn-parkrun terwyl Gerrie Beukes die manswenner was.
Malan het algeheel in die vierde plek geëindig. Die 14-jarige Daniel Walker was die eerste junior oor die wenstreep. Die Oudtshoorn-parkrun word elke Saterdagoggend by die Surval-olyflandgoed aangebied en almal is welkom. Deelname is gratis en die wegspringtryd is 07:00.
Saterdag se vinnigste hardlopers was:
- Gerrie Beukes (19:51)
- Chris Oertel (21:45)
- Daniel Walker (22:53)
- Bianca Malan (22:54)
- Newald Groenewald (23: 32)
- Rudolph Clench (23:35)
- Brendon Bosman (24:06)
- Jarred Coetzee (24:07)
- Tarren Jullies (24:16)
- Christo Theart (24:24)
- Rozanne Theart (24:51)
- Hans Lareman (24:59)
- Gerhard van Lill (25:21)
- Leon Lareman (25:25).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'