SUID-KAAP NUUS - Een van die Suid-Kaap se vinnigste ontwikkelende sportkodes, laser-run, bied Sondag 10 Desember 'n ontwikkelingskliniek by Wellness World, George, vir voornemende atlete wat in dié sport wil deel.
Die laser-run kliniek word deur die SA en Eden modern penthalon assosiasie, departement sport en kultuur en die Eden-sportraad moontlik gemaak.
Laser-run is waar atlete met 'n laser pistool na 'n elektroniese teikens skiet, tussen hardloop items 400 m of 800 m.
Die skietafstande wissel tussen 5 en 10 meter, afhangende van die Ouderdomsgroep waarin gekompeteer word.
Atlete van ses jaar en ouer, met geen maksimum ouderdomsbeperking, Sondag se ontwikkelingskliniek bywoon.
Registrasie vind om 15:00 plaas en die kliniek begin om 16:00.
Vir meer inligting kan u 'n epos stuur na edenmpa.chairman@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'