OUDTSHOORN NUUS - Wilhelm Kuün en Bianca van der Westhuizen was Saterdag vir die tweede agtereenvolgende Saterdag die wenners in die mans en vroueafdeling van die Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed. Greens Groenewald was tweede en Hilger Mertens derde in die mans afdeling.
Die 14-jarige Dylan Bennet was die eerste junior.
Altesaam 95 drawwers en stappers het aan Saterdag se 208ste Oudtshoorn-parkrun deelgeneem.
Die beste tye is as volg:
- Wilhelm Kuün (19:02)Greens Groenewald (20:19)
- Hilger Mertens (21:12)
- Dylan Bennett (22:12)
- Le Roux van Dyk (22:27)
- Francois Goosen (22:56)
- Bianca van der Westhuizen (23:03)
- Christo Theart (23:17)
- Newald Groenewald (23:50)
- Ulrich Swart (23:56)
- Melanie Kuün (24:18)
- Tarren Jullies (24:22)
Oudtshoorn-parkrun vier Saterdag 20 April sy 4de verjaardag en deelnemers kan 'n oggend vol pret verwag.
Bianca van der Westhuizen Foto's: Garnett Wicomb
Die organiseerders versoek deelnemers om in blou geklee te wees om die geleentheid te vier. Vertrektyd by die Surval-olyflandgoed is 08:00 en almal is welkom.
Belangstellendes wat nog nie geregistreer is nie kan dit hier doen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'