OUDTSHOORN NUUS - André Kemp was Saterdag 28 April die eerste van 61 deelnemers wat die 158ste Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed voltooi het.
Sy wentyd was 20 minute 57 sekondes.
Jannie Fourie was tweede met 'n tyd van 22 minute 41 sekondes en Mathieu Roussel vyf sekondes na hom in die derde plek.
Hestia Burger (28:16) was die eerste vrou oor die wenstreep en algeheel in die 16de polek met die 13-jarige Wihan Matthys du Plessis (25:59) die eerste junior en algeheel in die 9de plek.
Tarren Jullies geniet die vars Karroolig met die Parkrun.
Die tien beste tye was soos volg:
- André Kemp (28:27),
- Jannie Fourie (22:41),
- Matthieu Roussel (22:46),
- Deon van der Walt (23:33),
- Henry Carstens (23:54),
- Jansen van Rensburg (25:05),
- Deon Theart (25:52),
- Gideon Francois Theart (25:52),
- Wihan Matthys du Plessis (25:59),
- André Portelli (27:05) en
- Christo Theart (27:47).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'