OUDTSHOORN NUUS - Twee juniors het Saterdag die vinnigste tye aangeteken in die 206de Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed.
Die 16-jarige Jared Jordaan was die eerste atleet oor die wenstreep met ‘n tyd van 20:32 met die 13-jarige Cullen Clarke tweede met ‘n tyd van 22:17. Altesaam 93 drawwers en stappers het Saterdag deelgeneem met Jeanette Serfontein wat haar 50ste parkrun voltooi het.
Bianca van der Westhuizen was die eerste vrou met ‘n tyd van 24:13.
Die beste tye is soos volg:
- Jared Jordaan (20:32)
- Cullen Clarke (22:17)
- Mike Clarke (22:17)
- Marco Prinsloo (23:03)
- Shaun Kock (23:48)
- Ulrich Swart (23:58)
- Christo Theart (23:59)
- Bianca van der Westhuizen (24:13),
- Newald Groenewald (24:16)
- Gerald Claassen (24:34)
Atlete moet onthou dat komende Saterdag se parkrun vanaf 08:00 sal wegspring.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'