OUDTSHOORN NUUS - Die 17-jarige Markus Viljoen was Saterdag die wenner van die 228ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed met 'n tyd van 20 minute en 14 sekondes.
Nog vier juniors, Hannes Oosthuizen, William Deck, Jayden du Plessis en Callan du Plessis het ook onder die voorste tien deelnemers geëindig.
Newald Groenewald, wat Saterdag sy 225 ste parkrun voltooi het, was tweede en Thulani Mthembu in die derde plek.
Hestia Burger was die eerste vrou met Corika Hunlun in die tweede plek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'