OUDTSHOORN NUUS - Die 14-jarige Markus Viljoen, was Saterdag met sy tweede deelname die wenner van die 186ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval Olyflandgoed met 'n tyd van 20 minute 1 sekonde.
Greens Groenewald was tweede en JG Marais derde. Jackie Davidoff, wat vierde algeheel was, was die eerste vrou oor die eindstreep met ‘n tyd van 23 minute 23 sekondes, met Linelle Groenewald tweede en Tarren Jullies derde.
Die beste tye van Saterdag se 91 deelnemers is soos volg:
- Markus Viljoen (20:01),
- Greens Groenewald (22:52),
- JG Marais (23:09),
- Jackie Davidoff (23:23),
- Jan Marais (23:35),
- Deon van der Walt (24:01),
- Albertus Kennedy (24:12),
- Francois le Roux (25:12),
- Linelle Groenewald (25:18),
- Henry Carstens (25:18),
- Tarren Jullies (26:03),
- Ian Killian (26:15),
- Ilse Oliphant (26:15),
- Bernice van der Merwe (26:24),
- Conrad Jullies (27:06),
- Quntus Viljoen (27:15),
- Chris O’ Connell (27:28),
- Bart Saaiman (27:49),
- Shane Claassen (28:58).
Parkrun word elke Saterdagoggend om 07:00 gratis by Surval aangebied.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'