OUDTSHOORN NUUS - Tarren Jullies was met ‘n tyd van 25 minute 29 sekondes die vrouewenner van verlede Saterdag se Oudtshoorn-Parkrun en 11de algeheel van die 93 drawwers en stappers wat deelgeneem het.
Thinus Appel was die eerste man oor die wenstreep met 'n vinnige tyd van 19:45.
Hy is gevolg deur Greens Groenewald (20:38), Christo Niemand (21:26), William van Tonders (21:50), eerste junior, Newald Groenewald (22:38), Henry Carstens (23:18), Daniel Soha (23:18), Deon van der Walt (23:22), Francois le Roux (24:20), Albertus Kennedy (24:44) en Conrad Jullies (26:10).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'