OUDTSHOORN NUUS - Twee 15-jarige leerders van Fezekile Sekondêr, Oudtshoorn, Pat-Mario Meyer (12:25) en Yamkela Xakani (12:27), het Maandag onderskeidelik die vinnigste en derde vinnigste tye in die Nedbank-atletiekklub se 3 km-tydtoets op Oudtshoorn, gehardloop.
Die eerste drie atlete in die 3 km-tydtoets het so te sê saam oor die eindstreep gehardloop, met slegs 'n breukdeel van 'n sekonde wat hul van mekaar geskei het.
Francis Ntanjana (12:26) het die tweede vinnigste tyd gehardloop.
Die jongste atleet in die 3 km-tydtoets, die sewejarige Lian Verwey (18:00) het sewende uit die 15 deelnemers klaargemaak.
Die drie laaste atlete in dié tydtoets, Johanna Jooste, Linda Lamprecht en Trix de Villiers, het in 'n tyd van 29:54 sy-aan-sy oor die eindstreep gedraf.
In die 5 km-tydtoets het Francois Verwey, (21:43), Lian se pa, die vinnigste tyd gehardloop.
Altesaam tien atlete het die 5 km-tydtoets afgelê.
Die uitslae is:
5 km
Francois Verwey (21;43), Zani Smith (24:56), Graham Jonkers (25:08), Bart Saayman (28:49), Zietske Saayman (28:56)Deon Sederstroom (29:54), Hendrica Lekay (31:10), Charlotte Bothma (31:48), Iona du Plessis (31:53) en Rouxle Cilliers (34:10).
3 km
Pat-Mario Meyer (12:25), Francis Ntanjana (12:26), Yamkela Xakani (12;27), Linelle Groenewald (13:55), Bianca le Grange (14:19), Henry Carstens (15:18), Lian Verwey (18:00), Stephnie McKay (18:05), Stephan McKay (18:08), Yvette Alberts (19:10), Susan le Grange (23;16), Geraldine Loftie Eaton (27:04), Johanna Jooste (29:54), Linda Lamprecht (29:54) en Trix de Villiers (29:54).
Lian Verwey (7), was Maandag die jongste deelnemer, By hom staan sy pa, Francois Verwey.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'