OUDTSHOORN NUUSFLITS - Twee 15-jarige leerders van Fezekile Sekondêr, Oudtshoorn, Pat-Mario Meyer (12:25) en Yamkela Xakani (12:27), het Maandag onderskeidelik die vinnigste en derde vinnigste tye in die Nedbank-atletiekklub se 3 km-tydtoets op Oudtshoorn, gehardloop.
Die eerste drie atlete in die 3 km-tydtoets het so te sê saam oor die eindstreep gehardloop, met slegs 'n breukdeel van 'n sekonde wat hul van mekaar geskei het.
Francis Ntanjana (12:26) het die tweede vinnigste tyd gehardloop.
Die jongste atleet in die 3 km-tydtoets, die sewejarige Lian Verwey (18:00) het sewende uit die 15 deelnemers klaargemaak.
Lian Verwey (7), was Maandag die jongste deelnemer, By hom staan sy pa, Francois Verwey.
Die drie laaste atlete in dié tydtoets, Johanna Jooste, Linda Lamprecht en Trix de Villiers, hetin 'n tyd van 29:54 sy-aan-sy oor die eindstreep gedraf.
In die 5 km-tydtoets het Francois Verwey, (21:43), Lian se pa, die vinnigste tyd gehardloop. Altesaam tien atlete het die 5 km-tydtoets afgelê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'