OUDTSHOORN NUUS - 'n Junior atleet, die 15-jarige Hanru Storm, het verlede Saterdag die 146ste Oudtshoorn Surval parkrun in 'n tyd van 22 minute 42 sekondes gewen.
Henry Carstens was tweede met 'n tyd van 23 minute 45 sekondes. Kathryn Purcel, van die Gloucester-atletiekklub, was die eerste vrou by die eindpunt en ook die derde atleet (23 minute 52 sekondes), om klaar te maak.
Arend Brink (23:56) was vierde gevolg deur Hans Lareman (24:53), Geepee Smith (25:15) Albertus Kennedy (25:39), Hannes Meyer (26:40), Bart Saayman (26:59) en Brian Daniels (27:14).
79 drawwers en stappers het Saterdag se parkrun voltooi.
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'