OUDTSHOORN NUUS - Die 28-jarige Gershwin Jacobs van die Nedbank-atletiekklub in George het Saterdag met sy eerste deelname aan die Oudtshoorn-parkrun stof geskop in sy teenstanders se oë toe die 5 km in 'n blitstyd van 16 minute 21 sek afgelê het.
Dit was slegs sekondes stadiger as die vinnigste tyd wat tot dusver vanjaar.
Booi Salman was tweede gevolg deur Yaron Venter wat in die derde plek klaar gemaak het. In die vroue-afdeling was Bianca van der Westhuizen eerste oor die wenstreep met Marietjie Modermott en Tarren Jullies wat in die tweede en derde plekke onderskeidelik geëindig het.
Garnett Wicomb het Saterdag sy 150ste parkrun voltooi.
Die tye van die voorste atlete is as volg:
- Gershwin Jacobs (16:21)
- Booi Salman (17:48)
- Yaron Venter (20:11)
- Patrick Peters (20:38)
- Leonard Modernott (21:28)
- Francois Goosen (22:39)
- Obed Netshakhama (23:54)
- Justin Olivier (24:06)
- Newald Groenewald (24:11)
- Bianca van der Westhuizen (24:12)
- Albertus Kennedy (24:26)
- Marietjie Modermott (24:52)
- Hans van der Veen (24:52).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'