OUDTSHOORN NUUS - Sewe van Suid-Afrika se beste straatmylatlete sal vanjaar deelneem aan die gewilde Bestmed Eden- straatmylreeks.
Hulle sluit Jerry Motsau, Amos Nyonga en ook die opkomende jong ster, Ryan Mphahlele in.
In die vroueafdeling sal Nolene Conrad, Farida Zwane, Cara du Preez en Elne Conradie die atlete wees wat fyn dopgehou moet word.
Volgens Corné Bence, voorsitter van Eden-fietsry, het die Protea-fietsryers Yolande de Villiers, Benino Hans, Anriette Schoeman, Louis Visser, Marchal Hendricks, Ivan Carstens en Theuns van der Bank ook reeds belangstelling getoon om deel te neem.
Van SWD se topatlete, Loyd Bosman, Godwin Heyns en Tonya Schoeman gaan ook vanjaar in aksie wees. Die eerste been van die reeks (Bestmed Klein-Karoo-straatmyl) spring weg in Baron van Rheedestraat op Maandag 17 Desember.
Die tweede been (Bestmed Madibaz) vind plaas 19 Desember op die NMU George kampus, gevolg deur die Bestmed ATKV-straatmyl wat in Hartenbos op 21 Desember sal plaasvind.
Vir enige navrae kan Hans van der Veen by 083 462 0477 of Dave van der Walt by 082 773 4901 geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'