OUDTSHOORN NUUS - Little Bo-Peep het Saterdag 22 Februarie hul jaarlikse kleuteratletiekdag gehad. Ongeveer 14 kleuterskole in Oudtshoorn, sowel as 'n paar individuele inskrywings, het aan die dag deelgeneem.
Volgens Marisa Terblanche, die nuwe skoolhoof by Little Bo-Peep is dit die derde jaar wat hulle die dag aanbied.
"Dit is 'n fondsinsameling vir die skool, maar is ook 'n lekker geleentheid vir ons kleintjies om bymekaar te kom en ook 'n atletiekdag te hê. Ons kry altyd positiewe terugvoer en dit is so lekker om al die glimlaggies op die kinders se gesiggies te sien."
Terblanche het al die kinders en skole wat aan die dag deelgeneem het bedank.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’