OUDTSHOORN NUUS - Greens Groenewald van Outeniqua Harriers het Saterdag nog ‘n parkrun-oorwinning agter sy naam geskryf toe hy die 173ste Oudtshoorn-parkrun gewen het. Die veteraanatleet van die Infanterieskool, Patrick Peters, was tweede, Thys Jamneck derde en die 15-jarige Jarred Coetzee, eerste junior, in die vierde plek. Riandi le Roux was die eerste vrou.
Saterdag se beste tye was:
- Greens Groenewald (20:22),
- Patrick Peters (20:51),
- Jarred Coetzee (21:08),
- Jansen du Plessis (21:54),
- Newald Groenewald (22:01),
- Deon van der Walt (23:29),
- Henry Carstens (23:59),
- William van Tonder (24:41),
- Albertus Kennedy (24:48) en
- Francois le Roux (25:00).
Daar was Saterdag 68 deelnemers.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'