OUDTSHOORN NUUS - Johnny Suttle van die Bristol and West-atletiekklub in Brittanje was die naweek die wenner van die 225ste Oudtshoorn-parkrun wat by die Surval-olyflandgoed plaasgevind het.
Ashley Jullies was tweede, gevolg deur Milton Buys wat kort op sy hakke in die derde plek geëindig het. Die 14-jarige DW Botha was vierde oor die wenstreep.
Gabi Frank was die eerste vrou by die eindpunt met Bianca van der Westhuizen wat in die tweede plek klaargemaak het. Altesaam 102 drawwers en stappers het Saterdag deelgeneem.
Die tye van Saterdag se voorste hardlopers is soos volg:
- Johnny Suttle (17:41)
- Ashley Jullies (19:10)
- Milton Buys (19:15)
- DW Botha (19:49)
- Jaco Engelbrecht (20:16)
- Adriaan de Bruyn (20:34)
- Patrick Peters (22:01)
- Andrew Bullock (22:07)
- Gabi Frank (23:55)
- Bianca van der Westhuizen (24:00)
- Rozanne Theart (24:13).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'