OUDTSHOORN NUUS - Vier van die 19 atlete wat Maandagaand aan die Oudtshoorn Nedbank-tydtoetse deelgeneem het, het die 5 km-tydtoets gedraf.
Johan Engelbrecht (20:23) was eerste oor die eindstreep. Hy is deur Francois Verwey (22:21), Zani Smith (23:41) en Bart Saayman (27:33) gevolg.
Pat Mario Meyer (11:23) en Yamkela Zakani (11:24) het bykans sy-aan-sy die 3 km-tydtoets voltooi.
Hier was Greens (11:33) en Linelle Groenewald (13:22), onderskeidelik derde en vierde.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'