OUDTSHOORN NUUS - Die Griffioen-egpaar, Johan en Mona-Maré, was Saterdag se wenners van Oudtshoorn-parkrun 190 by Surval-olyflandgoed.
Johan se tyd was 22 minute 44 sekondes en dié van sy vrou wat algeheel 9de geëindig het, 27 minute 6 sekondes.
Marlin Oosterveld wat vir die eerste keer deelgeneem het was tweede met ‘n tyd van 22 minute 51 sekondes.
Die dag se gure weer het talle gereelde hardlopers laat tuisbly met slegs 49 wat hulle nie laat afskrik het nie.
‘n Heerlike goedkoop ontbyt is na die wedloop aan sowat 30 deelnemers voorgesit waarvoor Hestia Burger haar dank teenoor die bestuurder van Surval, Frikkie Vermeulen, oorgedra het.
Burger, wat Saterdag ook haar 150ste parkrun voltooi het, het die span vrywilligers ook bedank vir hul entoesiasme en bereidwilligheid om van die weeklikse pretloop so ‘n sukses te maak.
Saterdag se voorste hardlopers is soos volg:
Johan Griffioen (22:44), Marlin Oosterveld (22:51), Newald Groenewald (23:39), Francois Goosen (24:48), Henry Carstens (25:08), Albertus Kennedy (25:26), Christo Theart (26:43), Mona-Mare Griffioen (27:06), Tarren Jullies (27:30), Conrad Jullies (27:31), Karlien Botha (27:35), Francois le Roux (28:01), Barend van der Merwe (28:25), Fanie Olivier (28:29), Abraham Hendricks (29:47), Mary-Anne Douws (29:55), Rozanne Theart (30:34), Johann Coetzer (31:20), Bart Saaiman (31:27), Lynette van der Westhuizen (31:55).
'We bring you the latest Oudtshoorn, Klein Karoo news'