Koue en reën kon nie die 115 atlete aan bande lê nie.
Die byeenkoms word ook wyd geloof as een van die bes georganiseerde byeenkomste. Meestersatlete van SWD, Boland, WP, OP, Vrystaat en KwaZulu-Natal het op die volstruisdorp deelgeneem.
Sowat 300 skole atlete het ook die dag deelgeneem en met die meesters skouers geskuur.
Die bekende Ingo Hildebrandt het goud gewen in spiesgooi asook diskus (65-jaar). Lampies Lamprecht het sy uittrede gevier met `n bronsmedalje in die 800 m. (60-jaar) Aubrey Brinkhuis het goud verower in die 200 m en 800 m. (40-jaar).
Onder die vroue was daar ook verskeie bekende name. Annatjie Botes het goud verower in die 5000 m asook 1500 m items (50-jaar). Toy Ungerer het goud verower in die 400 m en 200 m (65-jaar). Surita Febraio het goue medaljes verower in die 400 m en 200 m (35-jaar).
.jpg)
Twee van Suid-Afrika se top vroulike meesteratlete, Toy Ungerer en Surita Febbraio was ook verlede Saterdag in aksie op Oudtshoorn. Foto: Hans van der Veen
ARTIKEL: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS