TUINROETE NUUS - Verskeie dorpspanne het die afgelope naweek aan die Eden-atletiekkampioenskappe vir skole by die De Jager-sportkompleks se tartanbaan deelgeneem. Na afloop van hierdie byeenkoms is 'n Eden-atletiekspan gekies wat op 8 en 9 Maart in die Paarl by die Wes Kaapse-atletiekkampioenskappe sal deelneem.
Die spanne het belowende atlete van Oudtshoorn, George, Hessequa, Mosselbaai, Kannaland en Knysna onder andere ingesluit.
Die atletiekbaan se stadion was volgepak met geen plek vir 'n muis wat bygedra het tot 'n feestelike atmosfeer.
Een van die organiseerders van die byeenkoms, Desmond Jansen, het aan Knysna-Plett Herald suster koerant, Oudtshoorn Courant, gesê dat hy trots is op die algehele aanbieding van die kampioenskappe.
"Geen klagtes is by ons aangemeld nie, en indien enige, moet toeskouers nie huiwer om die baanbeamptes in kennis te stel sodat ons onmiddellik kan optree.
"Ons het juis sekuriteit soos gewoonlik ingespan om ongewenste gedrag en elemente hok te slaan. Graag wil ons ook die Oudtshoorn-munisipaliteit bedank vir die hoë gehalte fasiliteite wat hulle aan ons beskikbaar gestel het.
"Weereens baie geluk aan al die atlete wat die Eden-span gehaal het. Dit spreek boekdele van julle toewyding, deursettingsvermoë, dissipline en talent," het Jansen gesê.
Atlete van die Knysna-, Plett- en Sedgefield-atletiekspan wat die Eden-span gehaal het is as volg:
- Evernichia Goliath
- Eston Jordaan
- Dane Huiseman
- Isiah Echi
- M Tanje
- Tian van der Vywer
- Charlien Beukman
- Zani van der Vyver
- Requelme Juice
- Madison Smith
- Whelan Maxim
- Jordan Huisamen
- Bjorne le Roux
- Liyema Mvandada
- Jade Galant
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’