OUDTSHOORN NUUS - Twee leerders van Dysselsdorp Sekondêr, Keasha Olifant en Jamial Johnson het tydens die onlangse SWD-atletiekkampioenskappe uitgeblink en SWD-kleure behaal.
Olifant het presteer in die 100 m en 200 m en Johnson in die 400 m, 800 m en 1 500m.
Beide leerders het aan die Wes Kaapse-atletiekkampioenskappe die afgelope naweek in die Paarl deelgeneem.
Jamial Johnson
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’