OUDTSHOORN NUUS - As 'n voorsmakie van die jaarlikse Kango-marathon wat by die Oudtshoorn Infanterieskool aangebied word, bied die organiseerders en die Infanterieskool Vrydagaand 23 Februarie 'n Infanterieskool-nagpretdraf aan.
Die pretdraf begin om 20:00 by die Infanterieskool se sportterrein, die aand voor die Kango-marathon.
Inskrywingsgeld beloop R100 per persoon.
Alle inskrywings kan op die dag van die pretdraf vanaf 17:00 by die wegspringpunt gedoen word.
Volgens kapt. Marlene Basson, een van die organiseerders, moet elke atleet sy/haar eie koplig en water voorsien.
Sy sê die eerste 200 atlete wat die pretdraf voltooi sal medaljes ontvang.
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'