Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Sportlui en -organisasies van Oudtshoorn, en selfs van regoor SWD, sal bly wees om te hoor dat die De Jager tartaanbaan se opknappings baie naby aan voltooiing is.
Dit beteken dat groot atletiek- en tweekampbyeenkomste binnekort weer op Oudtshoorn aangebied sal word.
Teen gister (Donderdag, 10 Augustus) was kontrakteurs besig om die finale voorbereiding vir die lê van die tartanoppervlak te doen. Hulle het bygevoeg dat hierdie proses wel nog 'n klompie weke sal neem, veral met die koue oggende wat soms die werk vertraag.
Die tartanbaan is reeds 'n geruime tyd in die nuus met veral sportlui en -organisasies, soos die Oudtshoorn Sportinisiatief, wat bekommerd was oor die baan se toestand en moontlike verlore inkomste vir die dorp as gevolg daarvan.
Die Oudtshoorn Courant het na die vordering gaan kyk.
VIDEO: De Jager tartanbaan byna gereed vir aksie, Stefan Goosen:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’