OUDTSHOORN NUUS - Twee meesteratlete van Oudtshoorn, Johann Coetzer en Lampies Lamprecht het 'n groot bydra gelewer tot SWD se tweede plek in die meesters en ontwikkelings-atletiekbyeenkoms op Oudtshoorn.
Op Saterdag 28 Oktober het 120 atlete van SWD, OP, WP Gauteng-Noord, Sentraal-Noordwes en Vrystaat aan die kampioenskappe, waar SWD die gasheer was, deelgeneem. WP het die kampioenskap gewen.
Coetzer, het 'n droomkampioenskap beleef en twee goue medaljes (100 m en 200 m mans 55+) en twee silwermedaljes (400 m en verspring mans 55+) gewen.
Lamprecht (65+) het in die 5 000 m en 800 m bronsmedaljes gewen.
Wat Coetzer se prestasie meer uniek maak is dat hy 18 jaar laas die 100 m
gehardloop het. Dit was ook die eerste keer in sy atletiekloopbaan dat hy kompeterend aan die 400 m deelgeneem het en sy tweede keer dat hy die 200 m kompeterend aangedurf het.
Toy Ungerer, organiseerder van die kampioenskappe, het gesê: "Die kompetisie was baie straf, maar die dag se sport was 'n groot sukses."
Toy Ungerer, organiseerder van die kampioenskappe.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'